Robert Tingtinger en Rhona Venter is die twee gelukkige Mzansi Pulse-lesers wat elkeen ʼn stel dubbelkaartjies vir Sondag 28 April se vertoning van Die Kaplyn gewen het.
Die Kaplyn speel in die tagtigs af en vertolk ʼn oorlogsverhaal wat alombekend in Suid-Afrikaanse huise is.
Dié musiekblyspel, geskryf deur Jannes Erasmus, het byna ʼn jaar gelede die eerste keer op die AfriForum Teater se planke gedraai en keer eersdaags terug vir nóg ʼn speelvlak.
“Mense moet Die Kaplyn met ʼn oop gemoed kom kyk,” sê Erasmus, skrywer en regisseur van Die Kaplyn.
“Ons sien uit na ʼn musiekblyspel wat ons gaan terugvat na die tagtigs toe. Daar is ʼn inry, daar is valskerms, daar is mense wat uit vliegtuie spring.
“Dit is iets waarna ons jonger mense met heimwee kyk en wens dat ons dit nog kon hê. Die ouer garde gaan weer hier kom sit en sê: ‘dis hoe dit was’ – en daarna sien ek uit.”
