Dingaan Thobela (regs) in aksie teen Gary Murray in Oktober 1997. (Foto: WALTER DHLADHLA/AFP)

Die voormalige wêreldbokskampioen Dingaan Thobela is Maandag dood aangetref in sy woonstel in Johannesburg.

Thobela, bekend as die “Roos van Soweto”, was 57 jaar oud. ʼn Familielid het aan AFP gesê Thobela het die afgelope ruk aan swak gesondheid gely.

“Toe selfoonoproepe na hom onbeantwoord bly, het ons na sy woonstel gegaan, toegang gekry en ontdek hy is dood.”

Die siektetoestand waaraan hy gely het en die oorsaak van sy dood is nog nie bekend nie.

Thobela het sedert 1990 vir 16 jaar professioneel geboks en drie wêreldtitels in twee gewigsafdelings losgeslaan.

SuperSport berig Thobela het 40 van sy 56 boksgevegte gewen, waarvan 26 met uitklophoue.

By admin

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *